PSALMS 145:13-16
PSALMS 145:13-16 Bybel vir almal (ABA)
U sal altyd Koning wees, U sal oor al die geslagte regeer. Die Here hou die mense regop wat wil val, Hy tel die mense op wat nie meer kan staan nie. Almal wag vir U om vir hulle kos te gee, en U gee dit vir hulle op die regte tyd. U maak u hand oop, U gee vir almal wat lewe, U gee vir hulle alles wat hulle vra.
PSALMS 145:13-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Mem. U koninkryk is 'n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte. Samek. Die HERE ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergeboë is. Ajin. Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd. Pe. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae.
PSALMS 145:13-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
U koningskap is 'n koningskap vir alle tye, u heerskappy strek oor die geslagte heen. Die Here help almal op wat geval het. Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die oë van almal is op U gerig, en U gee hulle kos op hulle tyd. U maak u hand oop en skenk u guns in oorvloed aan al wat leef.
PSALMS 145:13-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U koningskap is 'n koningskap vir alle ewighede, u heerskappy duur deur al die komende geslagte. Die HERE ondersteun almal wat val, en help almal regop wat neergeboë is. Almal se oë is vol verwagting op U gerig, en U gee vir hulle hulle kos op tyd. Wanneer U u hand oopmaak, versadig U al wat lewe met wat hulle wil hê.
PSALMS 145:13-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
U koninkryk is 'n ewige koninkryk, en u heerskappy duur van geslag tot geslag. Die HERE ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergebuig is. Die oë van almal wag op U; en U het hulle voedsel op die regte tyd gegee. U maak u hand oop en versadig die begeerte van al die lewende wesens.
PSALMS 145:13-16 Die Boodskap (DB)
Alles waaroor U regeer, is vol glans en glorie. U regeer van altyd af. U sal ook vir altyd regeer. U heers oor almal op aarde. Die Here sorg vir almal wat seerkry. Hy tel elkeen op wat swaarkry. Almal vestig hulle hoop op U. U versorg elkeen op die regte tyd. Omdat U goed is, gee U maklik goeie dinge aan ons. U gee meer as genoeg van u goedheid aan almal op aarde.
PSALMS 145:13-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want u koninkryk is ’n koninkryk vir alle tye. U heers geslag na geslag. Die HERE help almal wat geval het en dié wat swaarkry, tel Hy op. Die oë van almal is hoopvol op U gerig; U gee aan almal kos op die regte tyd. U maak u hand oop, en bevredig die begeertes van al wat lewe.