PSALMS 145:1-3
PSALMS 145:1-3 Bybel vir almal (ABA)
'n Lied om die Here te prys. Van Dawid. My God, my Koning, ek wil U prys, ek wil u Naam prys, altyd en altyd. Ek wil U elke dag prys, ek wil u Naam prys, altyd en altyd. Die Here is groot, al die mense moet Hom prys. Niemand weet hoe groot Hy is nie.
PSALMS 145:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N LOFLIED van Dawid. Alef. O My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd. Bet. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd. Gimel. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.
PSALMS 145:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Loflied van Dawid. Ek wil u lof verkondig, my God en Koning, ek wil u Naam altyd loof. Elke dag wil ek U loof, ek wil u Naam altyd prys. Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik.
PSALMS 145:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Loflied. Van Dawid. Ek wil U verheerlik, o Koning, my God; ek wil u Naam prys vir altyd en altyd. Elke dag wil ek U prys, ek wil u Naam loof vir altyd en altyd. Groot is die HERE en besonder lofwaardig; sy grootheid is ondeurgrondelik.
PSALMS 145:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek wil U loof, my God, o koning; en ek sal U Naam loof vir ewig en altyd. Ek sal jou elke dag seën; en ek sal U Naam loof vir ewig en altyd. Die HERE is groot en baie lofwaardig; en sy grootheid is ondeurgrondelik.
PSALMS 145:1-3 Die Boodskap (DB)
My God, ek sal U prys en u Naam altyd grootmaak. U regeer oor alles. Ek wil U elke dag prys. Ek wil nooit ophou om U vir alles dankie te sê nie. Die Here is groot. Hy verdien om baie geprys te word. ’n Mens kan nie regtig in woorde beskryf hoe groot Hy is nie.