PSALMS 142:4
PSALMS 142:4 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer ek moedeloos word, dan is dit U wat weet wat met my gebeur. My vyande het vir my 'n vangnet styfgetrek op die pad waar ek loop.
PSALMS 142:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As my gees in my versmag, dan ken Ú my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan.
PSALMS 142:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het alle moed verloor, U weet wat ek moes deurmaak. Op die pad waar ek loop, het hulle vir my 'n strik gestel.
PSALMS 142:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer my gees in my begin weifel, is dit U wat my pad ken. Op die pad wat ek moet loop, het hulle in die geheim 'n vangnet vir my gespan.
PSALMS 142:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het na my regterhand gekyk en gesien, maar daar was niemand wat my sou ken nie; geen man het vir my siel omgegee nie.