PSALMS 141:5
PSALMS 141:5 Bybel vir almal (ABA)
'n Mens wat reg lewe en wat my vriend is, mag my slaan en mag met my raas. Dit sal vir my wees soos iemand wat olyf-olie op my kop gooi. Maar ek sal aanhou om te bid dat die Here mense sal straf wat slegte dinge doen.
PSALMS 141:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Laat die regverdige my met liefde slaan en my tugtig — hoofsalf sal my hoof nie weier nie; want nog is my gebed teen hulle booshede.
PSALMS 141:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Regverdige kan my in liefde slaan en teregwys, maar van die goddeloses sal ek nie eens gasvryheid aanvaar nie, want my gebede is gedurig teen hulle boosheid gerig.
PSALMS 141:5 Die Boodskap (DB)
Ek gee nie om as iemand wat die Here liefhet met my oor my verkeerde dade praat nie. Al maak dit my baie seer, weet ek dat hy dit uit liefde doen. Daarom sal ek luister as hy my waarsku of raad gee. Ek bid egter dat mense wat die Here nie dien nie, sal ophou met al die slegte goed wat hulle doen. Ek kuier nie eens by sulke mense nie.