PSALMS 140:5
PSALMS 140:5 Bybel vir almal (ABA)
Here, U moet my beskerm teen mense wat verkeerd doen, teen wrede mense wat planne maak om my dood te maak.
PSALMS 140:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot.
PSALMS 140:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hou my uit die mag van die goddeloses, Here, beskerm my teen mense wat geweld wil pleeg, wat planne maak om my uit die pad te kry.
PSALMS 140:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
HERE, beskerm my teen die hande van goddeloses; hou my veilig teen geweldenaars wat beplan om my voete te laat ontspoor.
PSALMS 140:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die hoogmoediges het vir my 'n strik en toue weggesteek; hulle het 'n net uitgesprei langs die pad; hulle het vir my jenewer gesit. Sela.