PSALMS 14:2-3
PSALMS 14:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Die Here kyk uit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat vra wat God wil hê. Hulle het almal besluit om verkeerd te lewe, hulle het sleg geword, niemand doen goed nie, nie een nie.
PSALMS 14:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra. Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.
PSALMS 14:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra. Almal het afgedwaal, die laaste een het ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, selfs nie één nie.
PSALMS 14:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE kyk vanuit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat God soek. Almal het afgedwaal, saam het hulle ontaard; daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie.
PSALMS 14:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand was wat verstaan en God soek. Hulle het almal eenkant toe gegaan, almal saam het hulle vuil geword; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie.
PSALMS 14:2-3 Die Boodskap (DB)
Die Here soek tussen mense na iemand wat die verstand het om na Hom te soek en te doen wat Hy vra. Maar mense het gekies om die verkeerde pad te loop. Nie een van hulle leef soos God wil hê nie. Hulle het sleg geword. Sal die slegte mense nooit leer nie? Kyk net wat doen hulle