PSALMS 14:1
PSALMS 14:1 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Van Dawid. Dit is dwase mense wat dink daar is nie 'n God nie. Hulle is slegte mense, hulle is wreed, nie een van hulle doen goed nie.
PSALMS 14:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie.
PSALMS 14:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. Van Dawid. Die dwaas dink daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is 'n gruwel vir die Here. Daar is nie een wat goed doen nie.
PSALMS 14:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Van Dawid. Dwase sê in hulle harte: Daar is geen God nie. Hulle tree gruwelik en afstootlik op. Daar is nie een wat goed doen nie.
PSALMS 14:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die dwaas het in sy hart gesê: Daar is geen God nie. Hulle is korrup, hulle het gruwelike werke gedoen, daar is niemand wat goed doen nie.