PSALMS 139:7-12
PSALMS 139:7-12 Bybel vir almal (ABA)
Waarnatoe kan ek gaan waar U nie is nie? Waarnatoe kan ek wegvlug van U? As ek opklim na die hemel, dan sal U daar wees. As ek in die doderyk my slaapmat oopgooi en gaan lê, dan sal U dáár ook wees. As ek ver na die ooste vlieg of as ek ver in die weste gaan woon, dan sal U ook dáár vir my lei en my vashou. As ek sê die donker moet my toemaak, die lig rondom my moet donker word, dan is dit nie donker vir U nie. Vir U is die nag so lig soos die dag en donker is vir U soos lig.
PSALMS 139:7-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig? Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou. En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.
PSALMS 139:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas. Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander, maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig.
PSALMS 139:7-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Waarheen kan ek gaan, weg van u Gees; waarheen kan ek vlug, weg van u teenwoordigheid? Klim ek op na die hemel – U is daar; gaan lê ek in die •doderyk – ook daar is U! Neem ek die vlerke van die daeraad, gaan woon ek by die einde van die see; ook daar sal u hand my lei, u regterhand my vashou. En al sê ek, “As duisternis my maar net wil verberg en die lig om my nag word”, is selfs duisternis nie vir U donker nie, maar skyn nag so lig soos die dag, is die duisternis soos die lig.
PSALMS 139:7-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waarheen sal ek gaan van u gees af? of waarheen sal ek van u aangesig vlug? As ek in die hemel opklim, is U daar; as ek my bed in die hel opmaak, kyk, U is daar. As ek die vlerke van die môre neem en aan die einde van die see woon; Selfs daar sal u hand my lei, en u regterhand my vashou. As ek sê: Waarlik, die duisternis sal my oordek; selfs die nag sal oor my lig wees. Ja, die duisternis verberg nie vir jou nie; maar die nag skyn soos die dag: die duisternis en die lig is vir jou albei.
PSALMS 139:7-12 Die Boodskap (DB)
U is oral. Daar is nie ’n plek waar ek heen kan gaan waar U nie is nie. As ek hemel toe gaan, is U daar. As ek doodgaan, is U by my. Al kan ek so vinnig soos lig beweeg of al gaan ek na die verste plek toe, U is daar. Die afstand tussen oos en wes is nie vir U te ver om gou na my toe te kom nie. Oral hou U my vas. En U lei my op u pad. Al vou die donkerte my heeltemal toe, is U naby my. Lig en donkerte is vir U dieselfde. Niemand kan vir U iets in die donker wegsteek nie.
PSALMS 139:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Waarheen sou ek kon gaan om u Gees te ontwyk? Of waarheen sou ek kon uitwyk om u teenwoordigheid te ontvlug? Gaan ek op na die hemel toe, is U daar; gaan lê ek in die doderyk, dan is U ook daar! Vlieg ek met die daeraad na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, selfs daar sal u hand my lei, en u regterhand my ondersteun. Sou ek sê: “Mag duisternis my oorweldig en die lig nag word rondom my,” dan is die nag vir U nie donker nie, maar is so helder soos dag, want duisternis is vir U soos lig.