PSALMS 139:1-5
PSALMS 139:1-5 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Van Dawid. 'n Psalm. Here, U het tot diep in my gekyk, U ken my baie goed. U weet alles wat ek doen, net U weet dit, U is ver, maar U weet wat ek dink. U weet hoe ver ek loop en hoe lank ek slaap. U weet wat ek doen, oral waar ek gaan. Ja, Here, ek het nog nie begin om iets te sê nie, dan weet U klaar alles wat ek wil sê. U is agter my en U is voor my, U hand beskerm my.
PSALMS 139:1-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my. U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U, HERE, U ken dit geheel en al. U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.
PSALMS 139:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. U omsluit my van alle kante, U neem my in besit.
PSALMS 139:1-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. HERE, U ondersoek my en U ken my. U is die een wat my sit en opstaan ken; U verstaan van ver af wat ek in gedagte het. My omswerwinge en waar ek rus – U het dit afgemeet; al my paaie is aan U bekend. Ja, daar is nog nie 'n woord op my tong nie, kyk, dan ken U, HERE, dit volledig! Van agter en van voor omsluit U my; U plaas u handpalms op my.
PSALMS 139:1-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
O HERE, U het my deursoek en my geken. U ken my neerslagtigheid en my opstand, U verstaan my gedagtes van ver af. U loop om my pad en my lê, en U is bekend met al my weë. Want daar is geen woord op my tong nie, maar kyk, HERE, U weet dit heeltemal. U het my van agter en van agter omring en u hand op my gelê.
PSALMS 139:1-5 Die Boodskap (DB)
Here, U kyk of ek eerlik is en vertrou kan word. U weet wat gaan hier binne-in my aan. Ek kan niks wat ek doen, vir U wegsteek nie. Nog voordat ek iets doen, weet U wat dit gaan wees. Of ek by die huis bly en of ek rondloop, daar is niks wat ek vir U kan wegsteek nie. U weet alles wat ek doen. Al het ek nog nie eens begin praat nie, U weet wat ek gaan sê. U ken my deur en deur. U beskerm my hele lewe. Ek kan dit glad nie verstaan nie, al probeer ek.
PSALMS 139:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
HERE, U deursoek my en ken my. U weet of ek sit en of ek opstaan, U ken my gedagtes van ver af. Of ek op pad is, en of ek gaan lê, elke oomblik weet U waar ek is. Selfs voordat ek praat, HERE, weet U al presies wat ek gaan sê. U sluit my in van voor en van agter. U hand van seën is op my.