YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 132:12

PSALMS 132:12 Bybel vir almal (ABA)

As die konings wat ná jou koning sal word, doen wat my verbond sê, as hulle gehoorsaam is aan my wette wat Ek vir hulle geleer het, dan sal hulle seuns ook altyd en altyd op jou troon sit.”

Deel
Lees PSALMS 132

PSALMS 132:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

As jou seuns my verbond hou en my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal húlle seuns ook vir ewig op jou troon sit.

Deel
Lees PSALMS 132

PSALMS 132:12 Afrikaans 1983 (AFR83)

As jou nakomelinge hulle aan my verbond hou en aan die verordeninge wat Ek hulle leer, sal ook hulle seuns vir altyd op jou troon heers.”

Deel
Lees PSALMS 132

PSALMS 132:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

As jou seuns my verbond nakom en my bepalings wat Ek hulle leer, sal ook húlle seuns vir altyd op jou troon sit.”

Deel
Lees PSALMS 132

PSALMS 132:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

As jou kinders my verbond en my getuienis wat Ek hulle sal leer nakom, sal hulle kinders ook vir ewig op jou troon sit.

Deel
Lees PSALMS 132

PSALMS 132:12 Die Boodskap (DB)

As die nageslag van Dawid die Here getrou dien volgens die ooreenkoms wat hy met die Here gemaak het, sal sy kinders se kinders ook soos hy as koning heers. Maar dan moet hulle doen wat God vra.

Deel
Lees PSALMS 132

PSALMS 132:12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

As jou seuns luister na my verbond en die eise navolg wat Ek hulle leer, sal ook húlle seuns vir altyd regeer.”

Deel
Lees PSALMS 132
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's