PSALMS 12:9 - Compare All Versions

PSALMS 12:9 ABA (Bybel vir almal)

Rondom ons loop die mense wat verkeerd doen, en almal sê die dinge wat sleg is, is goed.

PSALMS 12:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders.

PSALMS 12:9 AFR83 (Afrikaans 1983)

selfs al pronk goddeloses nog rond en al heers die gemeenheid nog tussen die mense.

PSALMS 12:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Oral loop goddeloses rond, terwyl die gemeenheid van mensekinders hoogty vier.

PSALMS 12:9 DB (Die Boodskap)

selfs al loop hulle oral rond en spog; selfs al is almal rondom ons propvol slegte dinge.

PSALMS 12:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

selfs al loop die goddeloses oral rond om boosheid onder mense te saai.