PSALMS 119:33-34
PSALMS 119:33-34 Bybel vir almal (ABA)
U moet vir my leer wat u wette beteken, sodat ek altyd kan doen wat die wette sê. U moet my help om te verstaan, sodat ek kan doen wat U vir my leer en sodat ek daaraan gehoorsaam kan wees met my hele hart.
PSALMS 119:33-34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar. Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte.
PSALMS 119:33-34 Afrikaans 1983 (AFR83)
Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer, sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou. Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaam en dit met my hele hart kan onderhou.
PSALMS 119:33-34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
HERE, onderrig my in die pad van u voorskrifte, sodat ek enduit daarby kan hou. Gee my insig, sodat ek by u wet kan hou, dit met my hele hart kan nakom.
PSALMS 119:33-34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
HY. Leer my, o HERE, die weg van U insettinge; en ek sal dit tot die einde toe bewaar. Gee my insig, en ek sal U wet onderhou; ja, ek sal dit met my hele hart onderhou.