PSALMS 116:3 - Compare All Versions
PSALMS 116:3 ABA (Bybel vir almal)
Bande van die dood was rondom my, ek was bang om na die doderyk te gaan, dit het sleg gegaan met my, ek het baie swaar gekry.
PSALMS 116:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind.
PSALMS 116:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword.
PSALMS 116:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Bande van die dood het my omsluit; angste van die •doderyk het my oorval; benoudheid en bekommernis het ek ervaar.
PSALMS 116:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die smarte van die dood het my omsingel, en die smarte van die doderyk het my aangegryp; ek het benoudheid en droefheid gevind.
PSALMS 116:3 DB (Die Boodskap)
Ek het so amper doodgegaan. Ek het al paniekerig daaroor begin word. Ek was doodsbenoud en bekommerd.
PSALMS 116:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Bande van die dood het my omring, angs van die doderyk het my oorval. Vrees en verdriet het my oorweldig.