PSALMS 112:3 - Compare All Versions

PSALMS 112:3 ABA (Bybel vir almal)

Hulle sal ryk word, hulle sal baie goed hê, en hulle sal altyd reg doen aan ander mense.

PSALMS 112:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

He. Oorvloed en rykdom is in sy huis; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.

PSALMS 112:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

daar is oorvloed en rykdom in sy huis. Wat hy doen, is reg en blywend

PSALMS 112:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Oorvloed en rykdom is in sy huis, en sy geregtigheid hou stand vir altyd.

PSALMS 112:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Rykdom en rykdom sal in sy huis wees, en sy geregtigheid is tot in ewigheid.

PSALMS 112:3 DB (Die Boodskap)

Hulle het meer as genoeg om van te leef. Hulle doen net goed aan ander mense.

PSALMS 112:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Oorvloed en rykdom vul sy huis, sy regverdigheid duur vir altyd.