PSALMS 110:1-2 - Compare All Versions
PSALMS 110:1-2 ABA (Bybel vir almal)
Van Dawid. 'n Psalm. Die Here het vir my koning gesê: “Jy moet hier langs My sit, op die belangrikste plek, want Ek sal jou vyande verneder, en Ek sal hulle voor jou laat lê sodat jy jou voete op hulle kan sit.” Die Here is in Sion, Hy sal jou help om 'n sterk koning te wees. Hy sê: “Jy moet regeer oor jou vyande.”
PSALMS 110:1-2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
VAN Dawid. 'n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete. U magtige septer sal die HERE uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van u vyande.
PSALMS 110:1-2 AFR83 (Afrikaans 1983)
Van Dawid. 'n Psalm. Die Here het vir my heer die koning gesê: “Kom sit aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp.” As die Here die septer, simbool van u mag, uit Sion aan u oorhandig, heers dan oor u vyande!
PSALMS 110:1-2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Van Dawid. 'n Psalm. Dit is die uitspraak van die HERE vir my heer: “Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande 'n voetbank vir jou voete maak.” Uit Sion stuur die HERE jou magtige septer: “Heers te midde van jou vyande!
PSALMS 110:1-2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE het tot my HERE gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek U vyande gemaak het 'n voetbank vir u voete. Die HERE sal die roede van jou sterkte uit Sion stuur; heers te midde van jou vyande.
PSALMS 110:1-2 DB (Die Boodskap)
Die Here het vir my heer, die koning, gesê: “Kom sit hier op die ereplek tot Ek al jou vyande onderwerp het.” Die Here sal uit Sion jou koninklike mag laat voortrol: heers dan oor jou vyande. Jou mense sal graag in die oorlog saam met jou kom veg.
PSALMS 110:1-2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die HERE het vir my heer gesê: “Sit op die ereplek aan my regterkant totdat Ek jou vyande verneder het tot ’n voetbankie onder jou voete.” Uit Sion sal die HERE u heerskappy uitbrei; u sal heers oor u vyande.