PSALMS 11:4-5
PSALMS 11:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Maar ek sê: Die Here is in sy gewyde tempel, Hy is in die hemel waar sy troon staan, en Hy sien die mense, Hy kyk wat hulle doen. Hy kyk wat die mense doen, die mense wat reg lewe én die mense wat verkeerd doen, en Hy haat mense wat wreed is teen ander mense.
PSALMS 11:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders. Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
PSALMS 11:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here is in sy heilige tempel! Die Here is op sy troon in die hemel! Sy oë is oop, sy oë keur die mensekinders. Die Here onderskei tussen regverdige en goddelose. Wie geweld liefhet, haat Hy.
PSALMS 11:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE is in sy •heilige paleis, die HERE – in die hemel is sy troon. Sy oë sien; sy blik toets die mensekinders. Die HERE – 'n regverdige toets Hy, maar in 'n goddelose en iemand wat geweld liefhet, het Hy 'n weersin.
PSALMS 11:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE is in sy heilige tempel, die troon van die HERE is in die hemel: sy oë kyk, sy ooglede beproef, die mensekinders. Die HERE toets die regverdige, maar die goddelose en die wat geweld liefhet, haat sy siel.