PSALMS 104:33-35 - Compare All Versions
PSALMS 104:33-35 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ek wil tot eer van die Here sing so lank ek lewe, ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is. Mag hierdie bepeinsinge van my vir Hom aanneemlik wees! Ek wil my in die Here verbly. Mag die sondaars van die aarde af verdwyn, mag die goddeloses ophou om te bestaan!
PSALMS 104:33-35 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is. Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ék sal bly wees in die HERE! Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!
PSALMS 104:33-35 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Lewenslank sal ek die HERE besing, en God prys met my laaste asem. Mag my gedagtes Hom verheug, want ek is bly in die HERE. Mag sondaars van die aarde af verdwyn; mag die goddeloses nie meer bestaan nie. Wat my betref, ek wil die HERE loof! Prys die HERE!
PSALMS 104:33-35 DB (Die Boodskap)
So lank as wat ek lewe, sal ek vir die Here sing. Ek wil Hom eer. Ek sal lofliedere sing tot eer van my God, terwyl ek lewe. Mag ek oor dinge dink wat die Here gelukkig maak. Ek geniet dit baie om te praat oor alles wat Hy gedoen het. Ek wens dat hulle wat die Here nie liefhet nie, gou sal verdwyn. Hulle wat weier om die Here te dien kan maar doodgaan. Maar ek sê vir myself: Jy moet vir die Here baie dankie sê vir alles. Kom, prys die Here!
PSALMS 104:33-35 ABA (Bybel vir almal)
Ek wil vir die Here sing so lank soos ek lewe, ek wil vir my God musiek maak so lank soos ek hier is. Ek bid dat die Here sal hou van wat ek dink, ek is bly dat Ek aan Hom behoort. Ek bid dat die sondaars sal verdwyn van die aarde, dat die mense wat verkeerd doen, nie meer daar sal wees nie. Ek wil die Here prys.
PSALMS 104:33-35 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek wil vir die HERE sing solank ek leef, ek wil my God besing solank ek bestaan. Mag my bepeinsing vir Hom aangenaam wees. Ek, ek sal my verheug in die HERE. Mag sondaars van die aarde af verdwyn en goddeloses nie meer bestaan nie.
PSALMS 104:33-35 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek wil sing tot eer van die HERE so lank as wat ek lewe; My oordenking oor hom sal soet wees: ek sal bly wees in die HERE. Laat die sondaars uit die aarde verteer word, en laat die goddelose daar nie meer wees nie. Loof die HERE, o my siel! Prys die HERE.