PSALMS 104:27-30 - Compare All Versions

PSALMS 104:27-30 ABA (Bybel vir almal)

Almal wag vir U om vir hulle kos te gee op die regte tyd. U gee die kos, en hulle eet, U maak u hand oop, en hulle kry meer as genoeg. Wanneer U wegkyk, dan word hulle bang, wanneer U die asem wegneem wat U vir hulle gegee het, dan sterf hulle en dan word hulle weer stof. Die asem wat U gee, laat hulle lewe, U maak die aarde nuut.

PSALMS 104:27-30 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd. U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie. U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof. U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.

PSALMS 104:27-30 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hulle is almal van U afhanklik, U gee hulle kos op hulle tyd. U gee, en hulle eet, U maak u hand oop, en hulle kry meer as genoeg. Maar as U U terugtrek, is dit klaar met hulle, as U hulle asem wegneem, is hulle dood en word hulle weer stof. U gee die lewensasem en daar is lewe; ook uit die grond laat U nuwe lewe spruit.

PSALMS 104:27-30 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hulle almal sien op na U om vir hulle kos te gee op tyd. Gee U vir hulle, raap hulle dit op; maak U u hand oop, word hulle versadig met wat goed is. Verberg U u gesig, is hulle angsbevange; neem U hulle asem weg, vergaan hulle en keer terug na die stof wat hulle was. Stuur U u asem, word hulle geskape. U gee die oppervlak van die grond 'n nuwe voorkoms.

PSALMS 104:27-30 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hulle wag almal op jou; dat U hulle voedsel op die regte tyd kan gee. Wat U aan hulle gee, maak hulle bymekaar; U maak U hand oop, hulle word versadig met goed. U verberg U aangesig, hulle is ontsteld; U slaan hulle asem weg, hulle sterf en keer terug na hul stof. U stuur U Gees uit, hulle is geskape, en U vernuwe die aangesig van die aarde.

PSALMS 104:27-30 DB (Die Boodskap)

Almal is van U afhanklik. U gee vir almal kos op die regte tyd. U sorg dat hulle kan eet. Hulle kom dit net by U haal. U gee genoeg sodat almal daarvan vol kan word. Wanneer U ophou gee, is mens en dier in die moeilikheid. Hulle lewe is in u hande. U laat hulle ook doodgaan. Met u krag het hulle in die wêreld gekom. Dis U wat nuwe lewe uit die grond laat opkom. U laat groenigheid uitspruit.

PSALMS 104:27-30 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Elkeen van hulle reken op U om kos te gee volgens behoefte. U gee vir hulle, hulle versamel dit. U maak u hand oop, met die goeie word hulle versadig. As U U onttrek, is hulle verskrik. Neem U hulle asem weg, dan sterf hulle en word weer stof. U stuur u lewensasem, en lewe word geskep. Uit die grond laat U nuwe lewe spruit.