PSALMS 102:16-17 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
PSALMS 102:16-17 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die nasies sal die Here vrees en al die konings van die aarde sy mag, want die Here gaan Sion weer opbou wanneer Hy in sy mag verskyn.
PSALMS 102:16-17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Dan sal die heidene die Naam van die HERE vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid; omdat die HERE Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het
PSALMS 102:16-17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Nasies sal die HERE se Naam vereer, die konings van die aarde, u mag. Wanneer die HERE Jerusalem herbou, sal Hy verskyn in sy heerlikheid
PSALMS 102:16-17 DB (Die Boodskap)
Dan sal mense wat U nie dien nie, weer respek vir U hê. Hulle sal U begin dien. Leiers oor die hele wêreld sal sien dat U God is. Die Here is baie groot. Hy het sy stad weer opgebou!
PSALMS 102:16-17 ABA (Bybel vir almal)
Die volke sal bang word wanneer hulle die Naam van die Here hoor. Al die konings op die aarde sal bang word wanneer hulle sien dat U Koning is. Ja, die Here bou weer die mure van Sion, Hy wys vir almal dat Hy Koning is.
PSALMS 102:16-17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Nasies sal ontsag hê vir die Naam van die HERE, en al die konings van die aarde vir u majesteit, wanneer die HERE Sion herbou en Hy in sy majesteit verskyn.
PSALMS 102:16-17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wanneer die HERE Sion opbou, sal Hy in sy heerlikheid verskyn. Hy sal die gebed van die behoeftiges ag en hulle gebed nie verag nie.