PSALMS 10:9
PSALMS 10:9 Bybel vir almal (ABA)
hy kruip weg soos 'n leeu en hy wag om iemand te vang wat homself nie kan beskerm nie, hy vang hom soos 'n mens 'n voël in 'n vangnet vang.
PSALMS 10:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy loer in die skuilhoek soos 'n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek
PSALMS 10:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy lê op die loer in 'n wegkruipplek soos 'n leeu agter 'n bos, hy lê op die loer om die hulpelose te vang. Hy vang hom en trek hom vas in sy net
PSALMS 10:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In 'n skuilplek lê hy soos 'n leeu in die ruigte; hy lê die magtelose voor om hom te vang; hy vang die magtelose deur sy vangnet toe te trek.
PSALMS 10:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy loer heimlik soos 'n leeu in sy kuil; hy loer om die arme te vang; hy vang die arme as hy hom in sy net trek.