Slaan direk na inhoud oor

SPREUKE 9:13 – Vergelyk alle weergawes

SPREUKE 9:13 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dwaasheid is soos 'n vrou wat luidrugtig bly klets, stadig van begrip en sonder kennis van sake.

SPREUKE 9:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig

SPREUKE 9:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Dwaasheid is soos ’n luidrugtige vrou, stadig van begrip en sonder kennis.

SPREUKE 9:13 DB (Die Boodskap)

Anders as Wysheid is Dwaasheid ’n verskriklike verleentheid. Sy is dom. Raserig. ’n Regte flerrie. En van ’n gelukkige lewe weet sy net mooi niks nie.

SPREUKE 9:13 ABA (Bybel vir almal)

Die dwaasheid is soos 'n vrou wat hard praat, sy het nie mooi maniere nie, sy weet baie min, sy weet nie hoe om iets reg te doen nie.

SPREUKE 9:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Vrou Dwaasheid is luidrugtig, onbesonne, en weet niks.

SPREUKE 9:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

'n Dwase vrou is luidrugtig: sy is eenvoudig en weet niks.