SPREUKE 4:25-27
SPREUKE 4:25-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kyk reguit vorentoe; bly gefokus op wat voor jou is. Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. Moenie links of regs van jou koers afwyk nie. Bly weg van wat verkeerd is.
SPREUKE 4:25-27 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet reguit vorentoe kyk, jy moet weet waarnatoe jy gaan. Jy moet op die reguit pad loop, dan sal jy seker wees waarnatoe jy loop. Jy moenie wegdraai van die reguit pad nie, jy moenie regs of links draai nie, jy moet wegbly van alles wat verkeerd is.
SPREUKE 4:25-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.
SPREUKE 4:25-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree. Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.
SPREUKE 4:25-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jou oë moet vorentoe kyk, jou blik moet reg voor jou gerig wees. Hou die pad vir jou voet gelyk; en al jou weë, laat dit bestendig wees. Moenie regs of links afdraai nie, hou jou voet weg van die kwaad.”
SPREUKE 4:25-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat jou oë reguit kyk, en laat jou ooglede reguit voor jou uitkyk. Bedink die pad van jou voete, en laat al jou weë vasstaan. Draai nie regs of links nie; verwyder jou voet van die kwaad.