SPREUKE 30:4
SPREUKE 30:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie het na die hemel toe opgegaan en weer afgekom? Wie het die wind in sy twee hande gevat? Wie het die water in 'n doek toegedraai? Wie het die grense van die aarde vasgestel? Wat is sy naam en wat is sy seun se naam, as jy dit weet?
SPREUKE 30:4 Bybel vir almal (ABA)
Wie het opgegaan na die hemel en het weer afgekom? Wie het die wind met sy hande vasgehou? Wie het die water toegebind in 'n bo-kleed? Wie het besluit hoe groot die aarde moet wees? Wat is sy naam en wat is sy seun se naam? Weet jy wie dit is?
SPREUKE 30:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun — as jy dit weet?
SPREUKE 30:4 Die Boodskap (DB)
Wie kan die Here deurgrond? Wie het al hemel toe gegaan en teruggekom? Dit is onmoontlik om Hom volledig te ken. Wie het al die wind met sy hande teruggehou? Wie kan al die waters van die see met sy klere opskep? Wie ken die afmetings van die aarde? As jy so ’n persoon ken, sê my wat sy naam is. Vertel my ook wat sy seun se naam is.