SPREUKE 28:9 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

SPREUKE 28:9 AFR83 (Afrikaans 1983)

As iemand hom doof hou vir die wet van die Here, sal die Here 'n afsku hê van so 'n man se gebed.

SPREUKE 28:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is 'n gruwel.

SPREUKE 28:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Elkeen wat hom doof hou vir die eise van God, se gebede sal verwerp word.

SPREUKE 28:9 DB (Die Boodskap)

Wie nie meer na die woord van die Here luister nie se gebede beteken niks nie.

SPREUKE 28:9 ABA (Bybel vir almal)

Wanneer iemand nie wil hoor wat die Here in sy wette sê nie, dan sal die Here dit haat wanneer daardie mens bid.

SPREUKE 28:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Wie sy oor wegdraai, sodat hy nie na die wet hoef te luister nie – selfs sy gebed is afstootlik.

SPREUKE 28:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Wie sy oor afkeer om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed sal 'n gruwel wees.