SPREUKE 28:2 – Vergelyk alle weergawes
SPREUKE 28:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
As daar opstand is in 'n land, is daar baie wat na mag gryp; as daar iemand met wysheid en kennis is, bly hy lank aan die bewind.
SPREUKE 28:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Deur die oortreding van 'n land word sy vorste baie, maar deur 'n verstandige mens met kennis is die reg duursaam.
SPREUKE 28:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
As daar opstand is in ’n land wissel die leiers vinnig. As ’n wyse en kundige aan bewind kom, is daar lank vastigheid in die land.
SPREUKE 28:2 DB (Die Boodskap)
’n Land waar korrupsie en misdaad hoogty vier, kry die een slegte leier na die ander. Iemand met kennis van die lewe en praktiese vaardighede kan ’n land van die afgrond red.
SPREUKE 28:2 ABA (Bybel vir almal)
Wanneer die mense in 'n land opstandig word, dan is daar baie mense wat leiers wil wees. Maar wanneer daar 'n verstandige mens is wat weet wat die regte ding is om te doen, dan sal hy lank regeer.
SPREUKE 28:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wanneer 'n land oortree, is daar baie •aanvoerders, maar deur die toedoen van iemand met insig en kennis sal dit wat reg is, voortduur.
SPREUKE 28:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Oor die oortreding van 'n land is sy vorste baie, maar deur 'n man van verstand en kennis sal sy toestand verleng word.