YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

SPREUKE 27:4

SPREUKE 27:4 Bybel vir almal (ABA)

Wanneer iemand kwaad is, dan is hy wreed, dit is soos baie water wat oor jou spoel. Wanneer 'n man jaloers is, dan kan jy nie teen hom bly staan nie.

Deel
Lees SPREUKE 27

SPREUKE 27:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?

Deel
Lees SPREUKE 27

SPREUKE 27:4 Afrikaans 1983 (AFR83)

Iemand wat kwaad is, ontsien niks, sy woede is 'n onkeerbare vloed; teen jaloesie is niemand opgewasse nie.

Deel
Lees SPREUKE 27

SPREUKE 27:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Woede is wreed en toorn oorweldigend, maar wie kan staande bly voor jaloesie?

Deel
Lees SPREUKE 27

SPREUKE 27:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Toorn is wreed, en toorn is verregaande; maar wie kan voor die afguns standhou?

Deel
Lees SPREUKE 27

SPREUKE 27:4 Die Boodskap (DB)

Daar is iets wat nog verskrikliker is as ’n vinnige humeur. Dit is ’n jaloesie wat ’n mens verteer.

Deel
Lees SPREUKE 27

SPREUKE 27:4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Woede kan wreed wees en toorn ’n onstuitbare vloed, maar teen jaloesie is daar geen verweer nie.

Deel
Lees SPREUKE 27
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's