SPREUKE 27:15-16
SPREUKE 27:15-16 Bybel vir almal (ABA)
'n Dak wat aanhou lek wanneer dit reën, is soos 'n vrou wat aanhou kla. Jy kan haar nie keer nie, soos jy ook nie die wind kan keer nie, en soos jy ook nie olyf-olie met jou hand kan vashou nie.
SPREUKE 27:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Aanhoudende gedrup op die dag van 'n stortreën en 'n twisgierige vrou is net eenders. Wie haar wil teëhou, hou wind teë, en sy regterhand ontmoet olie.
SPREUKE 27:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die gedrup uit 'n dak wat lek op 'n reëndag, so is 'n vrou wat aanhou kyf. Wie haar probeer keer, kan net so wel die wind probeer keer of olie met sy hand probeer vashou.
SPREUKE 27:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Lekkende dak wat aanhou drup op 'n dag van stortreën, en 'n vrou wat rusie maak, is presies dieselfde. Wie aan haar skuiling bied, bied aan die wind skuiling, en sy regterhand vat in olie.
SPREUKE 27:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Voortdurende druppel op 'n baie reënerige dag en 'n twisgierige vrou is dieselfde. Elkeen wat haar verberg, verberg die wind en die salf van sy regterhand wat homself verraai.