SPREUKE 26:2
SPREUKE 26:2 Bybel vir almal (ABA)
As iemand jou vervloek wanneer jy niks verkeerd gedoen het nie, dan is dit soos voëltjies wat vlieg en nie gaan sit nie, dit gaan by jou verby.
SPREUKE 26:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.
SPREUKE 26:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Soos voëltjies wat verbyvlieg en nie gaan sit nie, so gaan 'n vervloeking by jou verby as jy dit nie verdien nie.
SPREUKE 26:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Soos 'n voëltjie rondfladder, soos 'n swaeltjie wegvlieg, so is 'n onverdiende vervloeking – daar kom niks van nie.
SPREUKE 26:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos 'n voël wat dwaal, soos 'n swaeltjie wat vlieg, so sal die vloek sonder oorsaak nie kom nie.