SPREUKE 25:15-28
SPREUKE 25:15-28 Bybel vir almal (ABA)
As jy baie geduldig is, dan kan jy met 'n regeerder praat en hom laat besluit om iets te doen, as jy vriendelik praat, dan sal hy miskien begin dink dat hy iets op 'n ander manier moet doen. Wanneer jy heuning kry, dan moet jy nie te veel eet nie. As jy te veel eet, dan sal jy naar word. Jy moenie te veel by jou naaste kuier nie. As jy te veel by hom kom, dan sal hy nie meer lief wees vir jou nie. Iemand wat 'n vals getuie teen 'n ander mens is, is soos 'n knopkierie, 'n swaard of 'n skerp pyl. Jy moenie dink dat 'n ontrou mens jou sal help wanneer dit sleg gaan met jou nie. 'n Ontrou mens is soos 'n stukkende tand of 'n lam voet. Jy moenie vra dat iemand wat wil huil, liedjies moet sing nie. Dit is soos wanneer jy op 'n koue dag iemand se klere wegvat, of soos wanneer jy asyn op 'n seerplek gooi. Wanneer iemand wat vir jou haat, honger is, dan moet jy vir hom kos gee om te eet. Wanneer hy dors is, dan moet jy vir hom water gee om te drink. Dan sal jy hom skaam laat word omdat hy jou haat, en die Here sal jou beloon. Wanneer die noordewind waai, dan gaan dit reën. Wanneer iemand skinder, dan word mense kwaad. Dit is beter om bo-op 'n huis se dak te woon as om in 'n huis te woon saam met 'n vrou wat aanhou kla. Goeie nuus uit 'n ver land is soos koue water in die keel van 'n mens wat moeg is. 'n Mens wat reg gelewe het en dan kies om dieselfde dinge te doen soos 'n persoon wat verkeerd lewe, is soos 'n fontein of 'n put vol vuil water. Dit is sleg wanneer jy te veel heuning eet, en ook wanneer iemand jou te veel respekteer. Iemand wat homself nie kan regeer nie, is soos 'n stad wat nie meer 'n muur rondom hom het nie.
SPREUKE 25:15-28 Bybel vir almal (ABA)
As jy baie geduldig is, dan kan jy met 'n regeerder praat en hom laat besluit om iets te doen, as jy vriendelik praat, dan sal hy miskien begin dink dat hy iets op 'n ander manier moet doen. Wanneer jy heuning kry, dan moet jy nie te veel eet nie. As jy te veel eet, dan sal jy naar word. Jy moenie te veel by jou naaste kuier nie. As jy te veel by hom kom, dan sal hy nie meer lief wees vir jou nie. Iemand wat 'n vals getuie teen 'n ander mens is, is soos 'n knopkierie, 'n swaard of 'n skerp pyl. Jy moenie dink dat 'n ontrou mens jou sal help wanneer dit sleg gaan met jou nie. 'n Ontrou mens is soos 'n stukkende tand of 'n lam voet. Jy moenie vra dat iemand wat wil huil, liedjies moet sing nie. Dit is soos wanneer jy op 'n koue dag iemand se klere wegvat, of soos wanneer jy asyn op 'n seerplek gooi. Wanneer iemand wat vir jou haat, honger is, dan moet jy vir hom kos gee om te eet. Wanneer hy dors is, dan moet jy vir hom water gee om te drink. Dan sal jy hom skaam laat word omdat hy jou haat, en die Here sal jou beloon. Wanneer die noordewind waai, dan gaan dit reën. Wanneer iemand skinder, dan word mense kwaad. Dit is beter om bo-op 'n huis se dak te woon as om in 'n huis te woon saam met 'n vrou wat aanhou kla. Goeie nuus uit 'n ver land is soos koue water in die keel van 'n mens wat moeg is. 'n Mens wat reg gelewe het en dan kies om dieselfde dinge te doen soos 'n persoon wat verkeerd lewe, is soos 'n fontein of 'n put vol vuil water. Dit is sleg wanneer jy te veel heuning eet, en ook wanneer iemand jou te veel respekteer. Iemand wat homself nie kan regeer nie, is soos 'n stad wat nie meer 'n muur rondom hom het nie.
SPREUKE 25:15-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Deur lankmoedigheid word 'n vors oorgehaal, en 'n sagte tong verbreek die gebeente. Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie. Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie. 'n Knopkierie en 'n swaard en 'n skerp pyl, so is 'n man wat teen sy naaste as valse getuie optree. 'n Slegte tand en 'n voet wat swik, so is die vertroue op 'n ontroue in die dag van benoudheid. Soos een wat 'n kleed uittrek op 'n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat 'n bedroefde hart met liedere verwelkom. As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink. Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die HERE sal jou dit vergelde. Die noordewind bring 'n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat — kwaai gesigte. Om te woon op die hoek van 'n dak, is beter as by 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis. Koue water op 'n vermoeide siel, so is 'n goeie tyding uit 'n ver land. 'n Troebel fontein en 'n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose. Om baie heuning te eet, is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur, is 'n eer. 'n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.
SPREUKE 25:15-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met geduld kan iemand in 'n magsposisie tot ander insigte gebring word; met 'n versigtige benadering word weerstand afgebreek. As jy op heuning afkom, eet net tot jy genoeg het; as jy te veel eet, word jy naar. Wees spaarsaam met jou kuiers by jou buurman; as hy jou te veel sien, hou hy naderhand nie meer van jou nie. 'n Knopkierie, 'n swaard, 'n skerp pyl, so is 'n man wat vals teen sy naaste getuig. 'n Seer tand, 'n voet wat meegee, so is dit om in gevaar staat te maak op 'n onbetroubare mens. Iemand wat jou klere van jou afvat op 'n koue dag, of asyn op bytsoda, so is iemand wat vir jou liedjies sing as jy treurig voel. As iemand wat jou haat, honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink. Die Here sal jou daarvoor vergoed, en jy sal jou vyand vuurrooi van skaamte laat word. Die noordewind bring reën, en agteraf-praat maak mense kwaad. Liewer bo-op 'n dak woon as saam met 'n twisgierige vrou onder een dak. Koue water vir 'n moeë mens se dors, so is 'n goeie berig uit 'n ver land. 'n Fontein, 'n put waarvan die water vuil en stink geword het, so is 'n regverdige wat hom tot 'n val laat bring deur 'n goddelose. Om te veel heuning te eet, is nie goed nie, ook nie om eer te bly soek nie. 'n Stad sonder 'n muur om hom te beskerm, so weerloos is 'n mens as hy nie selfbeheersing het nie.
SPREUKE 25:15-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Met geduld word 'n •aanvoerder oorreed, en 'n sagte tong breek gebeentes. As jy heuning vind, eet net tot jy genoeg het, anders kry jy te veel daarvan in en bring dit op. Sit jou voet selde in jou medemens se huis, anders kry hy te veel van jou en ontwikkel 'n weersin in jou. 'n Hamer en 'n swaard en 'n skerp pyl, so is iemand wat as 'n vals getuie teen sy medemens getuig. 'n Tand wat breek en 'n voet wat swik, so is vertroue op 'n verraderlike mens in 'n tyd van nood. Soos hy wat op 'n koue dag klere uittrek, of asyn op soda gooi, so is iemand wat liedere sing vir 'n treurige hart. As jou vyand honger is, gee hom brood om te eet, en as hy dors is, gee hom water om te drink; want jy stapel vurige kole op sy kop, en die HERE sal jou beloon. Die noordewind bring reën, en 'n tong wat skinder, verontwaardigde gesigte. Om op die hoek van 'n dak te woon, is beter as om 'n huis te deel met 'n bakleierige vrou. Koel water in 'n dorstige keel, so is goeie nuus uit 'n ver land. 'n Modderige fontein, 'n besoedelde bron, so is 'n regverdige wat swig voor 'n goddelose. Om te veel heuning te eet, is nie goed nie, en die soeke na eie eer is oneervol. 'n Stad wat deurbreek is, sonder 'n stadsmuur, so is iemand sonder selfbeheersing.
SPREUKE 25:15-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Deur lank te verduur, word 'n vors oortuig, en 'n sagte tong breek die been. Het jy heuning gekry? eet soveel as wat vir jou genoeg is, sodat jy nie daarmee versadig word en dit uitbraak nie. Trek jou voet terug uit jou naaste se huis; dat hy nie vir jou moeg word en jou so haat nie. 'n Man wat valse getuienis teen sy naaste aflê, is 'n kap en 'n swaard en 'n skerp pyl. Vertroue in 'n ontroue man in tyd van benoudheid is soos 'n gebreekte tand en 'n voet uit gewrig. Soos hy wat 'n kleed wegneem in koue weer en soos asyn op salpeter, so is hy wat liedere sing tot 'n bedroefde hart. As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors is, gee hom water om te drink. Want jy moet kole van vuur op sy hoof hoop, en die HERE sal jou vergelde. Die noordewind jaag reën weg, so jaag 'n toornige aangesig 'n tong wat agteruitgaan. Dit is beter om in die hoek van die dak te woon as by 'n strygende vrou en in 'n wye huis. Soos koue waters vir 'n dorstige siel, so is goeie nuus uit 'n ver land. 'n Regverdige man wat voor die goddelose neerval, is soos 'n bedorwe fontein en 'n bedorwe fontein. Dit is nie goed om baie heuning te eet nie; vir mense is dit dus nie eer om hulle eie eer te ondersoek nie. Hy wat nie oor sy eie gees heers nie, is soos 'n stad wat afgebreek is en sonder mure.
SPREUKE 25:15-28 Die Boodskap (DB)
Met geduld kan jy selfs die belangrikste mense van ’n saak oortuig. Met mooipraat kan jy baie teëstand afbreek. Eet net genoeg. Soetgoed is lekker, maar jy moet weet wanneer om op te hou. As jy jou ooreet, voel jy gou-gou naar. Moenie te veel by mense kuier nie. Hulle sal moeg word vir jou en later niks meer van jou hou nie. Liegstories en skinderpraatjies is soos ’n hamer, ’n mes en ’n skerp pyl wat iemand se lewe verwoes. Iemand wat onbetroubaar is, is soos ’n vrot tand en ’n seer voet. Wanneer jy hom die nodigste het, laat hy jou in die steek. ’n Wyse het mensekennis. Hy sal nie vrolik wees by mense wat hartseer is nie. Dit pas tog nie. Dit is soos om jou warm klere op ’n bitter koue dag uit te trek, of soos om die verkeerde salf op ’n wond te smeer. As jou vyand honger is, gee hom kos. As hy dors is, gee hom iets om te drink. Dit sal hom sagmaak. Hy sal jammer wees oor alles wat hy aan jou gedoen het. En die Here sal ook lief wees vir jou. Soos die wind reën bring, so maak skinderpraatjies ’n mens woedend. Dit is beter om in die buitekamer te bly as in die huis saam met ’n rusiemaker wat heeltyd neul en kerm. Soos koue water vir ’n groot dors, so is goeie nuus van ’n geliefde wat ver bly. As drinkwater vuil word en damme besoedel word, is dit sleg. So is dit ook as ’n gelowige die pad byster raak en verkeerde dinge begin doen. Te veel soetigheid is sleg. So ook oordadige eerbetoon. Iemand sonder enige selfbeheersing is net so weerloos soos ’n groot stad sonder polisie of veiligheidswagte. Totale wanorde kan uitbreek.
SPREUKE 25:15-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Leier kan met geduld oorreed word. Versigtige woorde breek harde weerstand af. Wanneer jy op heuning afkom, eet net tot jy genoeg gehad het. As jy te veel eet, gaan jy naar word. Moenie te veel by jou buurman gaan kuier sodat hy te veel van jou sien en ’n weersin in jou kry nie. Iemand wat vals getuienisse oor ’n ander versprei, is net so gevaarlik soos ’n knuppel, ’n swaard en ’n skerp pyl. ’n Gebreekte tand, ’n voet wat swik, so is dit om in gevaar staat te maak op ’n onbetroubare mens. So onvanpas soos dit is om klere uit te trek op ’n koue dag, of asyn op bytsoda te sit, so min van pas is dit dat iemand vir jou liedjies sing wanneer jy treurig voel. As jou vyand honger is, moet jy hom iets gee om te eet. As hy dors is, gee hom iets om te drink. Die HERE sal jou daarvoor vergoed. Jy sal buitendien kole ophoop op jou vyand se kop en hom vuurrooi maak van skaamte. So seker soos die noordewind altyd reën bring, so seker maak hulle wat agteraf praat altyd ander mense kwaad. Dit is beter om op die hoek van ’n platdak te bly, as binne-in ’n huis saam met ’n vrou wat oor alles stry. Goeie nuus van ’n ver land af is soos koue water vir ’n moeë mens se dors. ’n Regverdige mens wat swig voor die goddelose is soos ’n fontein vol modder, soos ’n put met vuil water. Om te veel heuning te eet, is nie goed nie, so ook is iemand wat voortdurend sy eie eer soek. Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ’n stad sonder ’n muur wat beskerming bied.