SPREUKE 22:1-2
SPREUKE 22:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Dit is beter om te weet dat mense jou sal onthou, beter as om ryk te wees. Dit is beter om vriendelik te wees as om silwer en goud te hê. Ryk en arm mense is vir die Here dieselfde, Hy het hulle almal gemaak.
SPREUKE 22:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N NAAM is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud. Rykes en armes ontmoet mekaar, die HERE het hulle almal gemaak.
SPREUKE 22:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Goeie naam is meer werd as groot rykdom, die goeie gesindheid van ander meer as silwer en goud. Voor die Here is ryk en arm gelyk; Hy het hulle almal gemaak.
SPREUKE 22:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Goeie naam is verkieslik bo groot rykdom, egte innemendheid bo silwer en goud. Rykes en armes het dít gemeen: Die HERE het hulle almal gemaak.
SPREUKE 22:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Goeie naam is liewer om te kies as groot rykdom, en liefdevolle guns eerder as silwer en goud. Ryk en arm ontmoet mekaar: die HERE is die Skepper van almal.