SPREUKE 20:6 - Compare All Versions
SPREUKE 20:6 ABA (Bybel vir almal)
Daar is baie mense wat sê hulle sal doen wat hulle belowe, maar daar is min mense wat regtig doen wat hulle sê.
Deel
SPREUKE 20 ABASPREUKE 20:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind 'n betroubare man?
Deel
SPREUKE 20 AFR53SPREUKE 20:6 AFR83 (Afrikaans 1983)
Baie gee te kenne dat hulle getrou is, maar wie kan 'n werklik betroubare mens vind?
Deel
SPREUKE 20 AFR83SPREUKE 20:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Baie mense verklaar hulle lojaliteit, maar 'n werklik betroubare man – wie sal hom vind?
Deel
SPREUKE 20 AFR20SPREUKE 20:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die meeste mense sal elkeen sy eie goedheid verkondig, maar wie kan 'n getroue man vind?
Deel
SPREUKE 20 CAB23SPREUKE 20:6 DB (Die Boodskap)
Egte vriendskap is skaars. Baie sê hulle is jou vriend, maar min sal jou deur dik en dun ondersteun.
Deel
SPREUKE 20 DBSPREUKE 20:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Baie mense sal voorgee dat hulle lojale vriende is, maar waar is daar iemand wat regtig betroubaar is?
Deel
SPREUKE 20 NLV