SPREUKE 20:25 - Compare All Versions

SPREUKE 20:25 ABA (Bybel vir almal)

'n Mens trek 'n vangstrik styf vir homself wanneer hy iets wy maar nie dink wat hy belowe nie, hy besef later wat hy belowe het.

SPREUKE 20:25 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Dit is vir die mens 'n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig! om dan eers ná die geloftes te oorweeg.

SPREUKE 20:25 AFR83 (Afrikaans 1983)

Jy stel vir jouself 'n strik as jy oorhaastig iets aan die Here wy en agterna eers besef wat jy belowe het.

SPREUKE 20:25 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dit is 'n valstrik vir 'n mens as hy onnadenkend sê, “Heilig!” om dan eers ná die geloftes daaroor na te dink.

SPREUKE 20:25 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Dit is 'n strik vir die man wat heilig eet en na geloftes navraag doen.

SPREUKE 20:25 DB (Die Boodskap)

Pas op wat jy vir die Here sê. Moenie in nood iets aan Hom beloof wat jy nie kan doen nie.

SPREUKE 20:25 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Jy stel vir jouself ’n strik as jy ewe maklik iets aan die HERE belowe en eers agterna besef wat jy belowe het.