SPREUKE 2:1-4
SPREUKE 2:1-4 Bybel vir almal (ABA)
My seun, hoe sal jy vir God leer ken? As jy luister na my en onthou wat ek vir jou sê, as jy goed luister na wysheid en regtig probeer verstaan, ja, as jy sê jy wil verstaan, as jy vra hoe jy verstandig kan word, as jy dit so graag wil hê soos jy geld wil hê, en daarna soek soos jy na kosbare dinge sal soek
SPREUKE 2:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MY seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar, sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand; ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef, as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte
SPREUKE 2:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. Roep insig by, vra na gesonde begrip. Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos 'n verborge skat.
SPREUKE 2:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My seun, as jy my woorde aanvaar, my opdragte veilig by jou hou deur aandagtig te luister na wysheid, jou hart te rig op verstandigheid, ja, as jy om insig roep, hardop roep om verstandigheid, as jy dit nastreef soos silwer, dit soos 'n verborge skat naspeur
SPREUKE 2:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou verberg; Sodat jy jou oor tot wysheid neig en jou hart op insig wend; Ja, as jy na kennis roep en jou stem verhef tot begrip; As jy haar soek soos silwer, en na haar soek soos na verborge skatte
SPREUKE 2:1-4 Die Boodskap (DB)
Jong vriend, indien jy na my wyse woorde oor die alledaagse lewe luister en my voorskrifte soos ’n kosbare skat binne-in jou bewaar,indien jy jou ore vir hierdie lewenswaarhede spits en goed oor alles nadink, indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef, indien jy heeltyd hierna soek soos ’n mens na kosbare silwer of na skatte soek
SPREUKE 2:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
My seun, luister mooi na wat ek vir jou sê. Bewaar wat ek vir jou leer. Spits jou ore vir die wysheid. Span jou in om dit te verstaan. Roep na insig. Roep hardop vir begrip. Soek daarna soos jy na silwer sou soek. Spoor dit op soos ’n versteekte skat.