SPREUKE 19:17
SPREUKE 19:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie hom oor 'n arm mens ontferm, gee 'n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed.
SPREUKE 19:17 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer iemand goed is vir 'n arm mens, dan is dit dieselfde soos om vir die Here geld te leen. Die Here sal alles aan hom terugbetaal.
SPREUKE 19:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.
SPREUKE 19:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie hom oor 'n arme ontferm, leen aan die HERE, en Hy sal hom vergoed vir sy weldaad.
SPREUKE 19:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat hom oor die arme ontferm, leen aan die HERE; en wat hy gegee het, sal hy hom terugbetaal.
SPREUKE 19:17 Die Boodskap (DB)
Wie goed is vir die arme, maak eintlik ’n lening aan die Here. Op sy eie tyd en manier sal Hy hierdie goeie daad beloon.