SPREUKE 18:6-7
SPREUKE 18:6-7 Bybel vir almal (ABA)
'n Dwaas wil altyd twis wanneer hy praat, hy kry straf oor wat hy sê. Wanneer 'n dwaas praat, dan laat hy dit sleg gaan met homself, die dinge wat hy sê, is vir hom soos 'n vangstrik wat hom vang.
SPREUKE 18:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae. Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe 'n strik vir sy lewe.
SPREUKE 18:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Dwaas praat hom in 'n rusie in, hy soek slae met wat hy sê. 'n Dwaas se mond is sy ondergang, sy eie woorde is 'n dodelike strik.
SPREUKE 18:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die lippe van 'n dwaas kom met 'n getwis, en sy mond roep om slae. Die mond van die dwaas is sy ondergang, en sy lippe 'n valstrik vir sy lewe.
SPREUKE 18:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Dwaas se lippe kom in twis, en sy mond roep om slae. 'n Dwaas se mond is sy ondergang, en sy lippe is die strik van sy siel.