SPREUKE 13:16 - Compare All Versions

SPREUKE 13:16 ABA (Bybel vir almal)

Elke slim mens weet hoe om dinge te doen, maar 'n dwaas hou aan om te wys hoe dom hy is.

SPREUKE 13:16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond.

SPREUKE 13:16 AFR83 (Afrikaans 1983)

Alles wat 'n verstandige mens doen, word met kennis gedoen; wie nie wysheid het nie, begaan een dwaasheid na die ander.

SPREUKE 13:16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Elke slim mens tree met oorleg op, maar 'n dwaas sprei sy sotheid oop.

SPREUKE 13:16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Elke skrandere handel met kennis, maar 'n dwaas maak sy dwaasheid oop.

SPREUKE 13:16 DB (Die Boodskap)

’n Slim mens dink voordat hy iets doen. ’n Dom mens weet nie wat hy doen nie. Almal sien en hoor hoe dwaas hy is.

SPREUKE 13:16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

’n Verstandige mens dink voor hy iets doen. Dwase mense verkondig hulle dwaasheid aan die wêreld.