SPREUKE 13:14 - Compare All Versions
SPREUKE 13:14 ABA (Bybel vir almal)
Die dinge wat 'n wyse mens vir jou leer, laat jou lewe, dit keer sodat die dood jou nie in sy vangstrik vang nie.
SPREUKE 13:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Die onderrig van die wyse is 'n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.
SPREUKE 13:14 AFR83 (Afrikaans 1983)
Wat wyse mense jou leer, is 'n bron van lewe; dit laat jou die strikke van die dood vermy.
SPREUKE 13:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die onderrig van 'n wyse is 'n bron van lewe, sodat die vangstrikke van die dood vermy kan word.
SPREUKE 13:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die wet van die wyse is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.
SPREUKE 13:14 DB (Die Boodskap)
Mense wat die lewe ken, kan jou baie leer. Hulle lewenswysheid is ’n onuitputlike bron van kennis. Wie dit sy eie maak, word baie ellende gespaar.
SPREUKE 13:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die raad wat wyse mense gee, is soos ’n fontein met water wat lewe gee; as jy dit volg, ontsnap jy die lokvalle van die dood.