SPREUKE 13:13
SPREUKE 13:13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy wat hom nie steur aan raad nie, soek na moeilikheid. Hy wat hom aan die reëls steur, sal die goeie vrugte daarvan pluk.
SPREUKE 13:13 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n persoon nie wil doen wat 'n wyse mens vir hom leer nie, dan sal hy arm word en hy sal iemand se slaaf moet word, maar wanneer hy doen wat 'n wyse mens vir hom sê, dan sal hy 'n beloning kry.
SPREUKE 13:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding.
SPREUKE 13:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie hom nie aan die woorde van die Here steur nie, sal die gevolge dra; wie eerbied het vir sy gebooie, sal die goeie vrugte pluk.
SPREUKE 13:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie 'n opdrag met minagting bejeën – van hom word 'n pand geneem, maar wie 'n bevel eerbiedig, hy sal vergoed word.