YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

SPREUKE 10:3

SPREUKE 10:3 Bybel vir almal (ABA)

As 'n mens reg lewe, dan laat die Here hom nie honger kry nie, maar vir die mense wat verkeerd doen, gee Hy nie die dinge wat hulle wil hê nie.

Deel
Lees SPREUKE 10

SPREUKE 10:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Die HERE laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.

Deel
Lees SPREUKE 10

SPREUKE 10:3 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die Here laat die mens wat reg doen, nie honger ly nie, die Here laat die begeerte van dié wat verkeerd doen, nie bevredig word nie.

Deel
Lees SPREUKE 10

SPREUKE 10:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Die HERE laat die keel van 'n regverdige nie honger ly nie, maar die gulsigheid van goddeloses dwarsboom Hy.

Deel
Lees SPREUKE 10

SPREUKE 10:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Die HERE sal nie toelaat dat die siel van die regverdige honger ly nie, maar die goed van die goddelose verdryf Hy.

Deel
Lees SPREUKE 10

SPREUKE 10:3 Die Boodskap (DB)

Die Here sorg vir sy kinders. Hy gee kos vir dié wat honger is. Die brandende begeertes van slegte mense word nooit waar nie.

Deel
Lees SPREUKE 10

SPREUKE 10:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die HERE laat regverdiges nie honger ly nie. Hy vervul nie die begeerte van die goddelose nie.

Deel
Lees SPREUKE 10
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's