SPREUKE 10:14 - Compare All Versions

SPREUKE 10:14 ABA (Bybel vir almal)

Wyse mense weet baie, maar wanneer 'n dwaas sy mond oopmaak, dan gaan dit gou sleg.

SPREUKE 10:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is 'n ondergang wat naby is.

SPREUKE 10:14 AFR83 (Afrikaans 1983)

Wyse mense loop nie te koop met hulle kennis nie; as 'n dwaas sy mond oopmaak, is sy ondergang naby.

SPREUKE 10:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Wyses hou kennis in bewaring, maar die mond van 'n sot huisves dreigende ondergang.

SPREUKE 10:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Wyse manne bêre kennis, maar die mond van die dwase is naby die vernietiging.

SPREUKE 10:14 DB (Die Boodskap)

’n Wyse neem die lesse van die lewe ernstig op. ’n Dom mens weet niks van die regte manier van lewe nie. Sy geklets veroorsaak net ellende.

SPREUKE 10:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Wyse mense versamel kennis. Dwase se gebabbel bring spoedig teëspoed.