FILIPPENSE 3:9
FILIPPENSE 3:9 Bybel vir almal (ABA)
Ek behoort nou aan Christus. God het my vrygespreek omdat ek in Christus glo, nie omdat ek doen wat die wette sê nie, maar omdat ek glo.
FILIPPENSE 3:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof
FILIPPENSE 3:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo.
FILIPPENSE 3:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en in Hom bevind kan word – nie met my eie geregtigheid op grond van die wet nie, maar met die geregtigheid deur geloof in Christus, die regverdiging wat van God kom, deur die geloof
FILIPPENSE 3:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
en in Hom gevind word, nie met my eie geregtigheid wat uit die wet is nie, maar wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof.