FILIPPENSE 3:5-6
FILIPPENSE 3:5-6 Bybel vir almal (ABA)
My ouers het my laat besny toe ek ag dae oud was. Ek behoort aan die volk Israel, ek behoort aan die Benjamin-stam, ek is 'n ware Jood, en ek was 'n Fariseër wat alles gedoen het wat die wette sê. Die Joodse godsdiens was vir my so belangrik dat ek die kerk van God wou verwoes. Ek het gedink God sal my vryspreek van my sonde, want ek het alles gedoen wat die wette sê.
FILIPPENSE 3:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, 'n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, 'n Fariseër; wat ywer betref, 'n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik.
FILIPPENSE 3:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
ek is op die agste dag besny, van geboorte 'n Israeliet, uit die stam Benjamin, 'n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek 'n Fariseër, in my ywer 'n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik.
FILIPPENSE 3:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek is besny op die agtste dag, afkomstig uit die volk Israel, uit die stam van Benjamin, 'n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, 'n •Fariseër, wat ywer betref, 'n vervolger van die •kerk, wat •geregtigheid op grond van wetsbeoefening betref, onberispelik.
FILIPPENSE 3:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Op die agtste dag besny, uit die geslag van Israel, van die stam van Benjamin, 'n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, 'n Fariseër; Wat ywer betref, die vervolging van die gemeente; wat die geregtigheid aanraak wat in die wet is, onberispelik.
FILIPPENSE 3:5-6 Die Boodskap (DB)
is ek op die agtste dag besny. Dan is ek ook nog deel van die room van die Israeliete: ek is ’n Benjaminiet. Ek is vlot in die Hebreeus wat in die godsdienstige byeenkomste van die Jode gebruik word, en nie elkeen kan dit sê nie. Ek was ook ’n lid van die party van die Fariseërs, ’n groep wat die Joodse wet stiptelik nakom. In daardie tyd was ek so ernstig oor my Joodse godsdiens dat ek al wat Christen was, ywerig vervolg het. Ja-nee, volgens die Joodse wet het ek nie ’n voet verkeerd gesit nie.
FILIPPENSE 3:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek is op die agtste dag besny. Ek is ’n gebore Israeliet, uit die stam van Benjamin. ’n Egte Hebreër! As lid van die Fariseërs het ek streng volgens Joodse wette gelewe. Ek was fanaties en het die kerk vervolg! Wat wetsgehoorsaamheid betref as metode om my saak met God reg te maak, was ek onberispelik!