FILIPPENSE 3:21
FILIPPENSE 3:21 Bybel vir almal (ABA)
Sy krag is groot, Hy regeer oor alles. Hy sal sy krag gebruik om ons wat swak is, te verander sodat ons soos Hy sal wees, Hy wat Koning is.
FILIPPENSE 3:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.
FILIPPENSE 3:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.
FILIPPENSE 3:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy sal ons nederige liggaam verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam, deur die krag wat Hom in staat stel om alles aan Homself te onderwerp.
FILIPPENSE 3:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie sal ons veragtelike liggaam verander, sodat dit gevorm kan word soos sy verheerlikte liggaam, volgens die werking waardeur Hy in staat is om selfs alles aan Homself te onderwerp.