FILIPPENSE 3:17-18
FILIPPENSE 3:17-18 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, julle moet lewe soos ek lewe en julle moet kyk hoe lewe die mense wat lewe soos ek. Ek het vir julle gesê en ek sê nou weer vir julle met trane in my oë: Daar is baie mense wat sê die kruis van Christus beteken niks.
FILIPPENSE 3:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het. Want baie — van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê — wandel as vyande van die kruis van Christus.
FILIPPENSE 3:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel. Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe.
FILIPPENSE 3:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Broers, volg dan my voorbeeld, en let op hulle wat so leef volgens die voorbeeld wat ons aan julle gestel het, want baie, van wie ek dit dikwels vir julle gesê het, en nou weer in trane sê, leef as vyande van die kruis van •Christus.
FILIPPENSE 3:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Broeders, wees my navolgers, en let op die wat so wandel soos julle ons as voorbeeld het. (Want baie wandel, van wie ek julle dikwels gesê het, en nou selfs wenend vir julle sê dat hulle die vyande van die kruis van Christus is.
FILIPPENSE 3:17-18 Die Boodskap (DB)
My broers en susters, doen wat ek gedoen het. Wees my navolgers. Terwyl ek nie daar is nie, moet julle die mense se voorbeeld volg wat die wedloop net soos ek hardloop. Dit is belangrik dat julle die regte mense volg. Ek het dit al baie vir julle gesê en dit maak my eintlik seer om dit weer te moet sê: daar is baie mense wat niks van Jesus hou en van wat Hy alles vir ons gedoen het nie.
FILIPPENSE 3:17-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ja, broers en susters, volg my voorbeeld en hou julle oë op die mense wat volgens ons voorbeeld lewe. Want – ek het julle al vroeër gesê, en met groot hartseer moet ek dit nou weer sê – daar is baie wie se lewe wys dat hulle vyande van die kruis van Christus is.