FILIPPENSE 3:14-15
FILIPPENSE 3:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Ek is soos iemand wat resies hardloop om 'n prys te wen. Die prys is om in die hemel te kom, want God het my gekies en ek behoort aan Christus Jesus. Ons almal wat vas glo, moet so dink. As een van julle nie so dink nie, dan sal God vir julle help om reg te dink.
FILIPPENSE 3:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus. Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar.
FILIPPENSE 3:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink – God sal ook hierin aan julle die regte insig gee.
FILIPPENSE 3:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek beur voort na die wenstreep, om in Christus Jesus die prys van God se roeping van omhoog te bekom. Laat ons, wat geestelik volwasse is, so hieroor dink; maar as julle anders hieroor dink, sal God dit wel aan julle bekend maak.
FILIPPENSE 3:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek jaag na die punt vir die prys van die hoë roeping van God in Christus Jesus. Laat ons dan, almal wat volmaak is, so gesind wees: en as julle in iets anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar.
FILIPPENSE 3:14-15 Die Boodskap (DB)
Soos ’n atleet wat sy oë net op die wenpaal hou, so span ek alles in my in: ek wíl die prys aan die einde kry. God self sal die prys uitdeel en my dan na Hom toe roep omdat ek aan Jesus behoort. So behoort volwasse Christene oor dinge te dink. As party van julle op sekere punte van my verskil, laat God vir julle wys wat julle regtig moet dink.