FILIPPENSE 2:6
FILIPPENSE 2:6 Bybel vir almal (ABA)
Hy was dieselfde soos God, maar Hy het nie gedink dat Hy altyd moet aanhou om so belangrik soos God te wees nie.
FILIPPENSE 2:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie
FILIPPENSE 2:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie
FILIPPENSE 2:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hoewel Hy in die gestalte van God was, het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie
FILIPPENSE 2:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie.