FILIPPENSE 2:5-6
FILIPPENSE 2:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees: Alhoewel Hy self God was, het Hy nie vasgeklou aan die Goddelikheid wat Hom toekom nie
FILIPPENSE 2:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet dink en doen soos Christus Jesus gedink en gedoen het: Hy was dieselfde soos God, maar Hy het nie gedink dat Hy altyd moet aanhou om so belangrik soos God te wees nie.
FILIPPENSE 2:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie
FILIPPENSE 2:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie
FILIPPENSE 2:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees: Hoewel Hy in die gestalte van God was, het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie
FILIPPENSE 2:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat hierdie gesindheid in julle wees wat ook in Christus Jesus was: wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie.
FILIPPENSE 2:5-6 Die Boodskap (DB)
Julle moet Christus Jesus se voorbeeld volg. Soos Hy oor dinge gedink en gevoel het, so moet julle ook daaroor dink en voel. Laat ek verduidelik wat ek bedoel. Jesus staan in status op gelyke voet met God. Hy was egter nie so vol van Homself dat Hy tot elke prys aan dié status wou vasklou nie.