FILIPPENSE 2:4-5
FILIPPENSE 2:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie net aan julleself dink nie, julle moet ook aan die ander gelowiges dink. Julle moet dink en doen soos Christus Jesus gedink en gedoen het
FILIPPENSE 2:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s'n. Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
FILIPPENSE 2:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was
FILIPPENSE 2:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
deur elkeen nie net na sy eie belange om te sien nie, maar ook na dié van ander. Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees
FILIPPENSE 2:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Moenie elkeen na sy eie dinge kyk nie, maar elkeen ook na die dinge van ander. Laat hierdie gesindheid in julle wees wat ook in Christus Jesus was
FILIPPENSE 2:4-5 Die Boodskap (DB)
Niemand moet net aan homself dink nie. Elkeen moet ook aan die ander om hom dink. Julle moet Christus Jesus se voorbeeld volg. Soos Hy oor dinge gedink en gevoel het, so moet julle ook daaroor dink en voel. Laat ek verduidelik wat ek bedoel.