FILIPPENSE 2:27
FILIPPENSE 2:27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy was regtig doodsiek, maar God het genade aan hom bewys – nie net aan hom nie, maar ook aan my – sodat ek nie nog groter hartseer sou moes verduur nie.
FILIPPENSE 2:27 Bybel vir almal (ABA)
Epafroditos was regtig baie siek en hy het amper gesterf. Maar God was goed vir hom en hy het weer gesond geword. Ja, God was goed vir Epafroditos en ook vir my, want as hy gesterf het, dan sou ek nog baie swaarder gekry het.
FILIPPENSE 2:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want hy was ook siek tot by die dood; maar God was hom barmhartig, en nie hom alleen nie, maar ook my, dat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie.
FILIPPENSE 2:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy was ook inderdaad doodsiek, maar God het Hom oor Epafroditos ontferm, en nie net oor hom nie, maar ook oor my sodat ek nie verdriet op verdriet sou hê nie.
FILIPPENSE 2:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy was werklik tot die dood toe siek, maar God het Hom ontferm, nie net oor hom nie, maar ook oor my, sodat ek nie een verdriet ná die ander sou ervaar nie.
FILIPPENSE 2:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want hy was tot die dood toe siek, maar God het hom genadig; en nie alleen op hom nie, maar ook op my, sodat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie.
FILIPPENSE 2:27 Die Boodskap (DB)
Dit het hom ook gepla dat julle van sy siekte gehoor het. Glo my, hy was baie siek. Hy het by die dood omgedraai. Maar God het nie van hom vergeet nie en hom gesond gemaak. God was nie net vir hom goed nie, maar ook vir my. As hy gesterf het, sou die hartseer vir my byna te veel gewees het.