FILIPPENSE 2:22
FILIPPENSE 2:22 Bybel vir almal (ABA)
Maar julle weet Timoteus is 'n goeie mens. Julle weet dat hy saam met my gewerk het om die goeie boodskap te bring, hy het saam met my gewerk soos 'n seun saam met sy pa werk.
FILIPPENSE 2:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar julle ken sy beproefdheid, dat hy, soos 'n kind teenoor sy vader, saam met my in die evangelie gedien het.
FILIPPENSE 2:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar julle weet hoe betroubaar Timoteus is. Soos 'n kind saam met sy vader, het hy saam met my die saak van die evangelie gedien.
FILIPPENSE 2:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle weet hoe Timoteus homself bewys het, hoe hy soos 'n kind teenoor sy vader, saam met my die evangelie bedien het.
FILIPPENSE 2:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar julle ken die bewys van Hom, dat Hy, soos 'n seun by die vader, saam met My in die evangelie gedien het.
FILIPPENSE 2:22 Die Boodskap (DB)
Boonop ken julle Timoteus en weet wat daar in hom steek. Hy het die toets mos deeglik deurstaan. Soos ’n seun skouer aan skouer saam met sy pa werk, so het hy hom afgesloof om saam met my die mense van Jesus Christus te vertel. Ek moet erken dat ek ook baie bly sal wees om te hoor hoe dit met julle gaan.